Nuutste DVD en CD

Product Code: BB016
Availability: In Stock
R220

Qty

 

DVD
Buster die Brak is terug, en die keer ontmoet hy vir BELLA, sy aangenome MARMOT sussie. Hulle leer vinnig twee is beter as een! In Tannie Terapeut se speelkamer begin 'n nuwe avontuur en leer kinders hoe GOD ELKEEN op 'n ander manier SLIM gemaak het. Hulle ontdek ook vir SLIMSTIEKS (die talente stokkie), 'n pratende storieboek en allerhande nuwe maatjies. MAAR, die nare en wrede Koning DOMSTIEKS het 'n plan. Hy wil kinders se talente steel en hulle boonop laat glo hulle is DOM! Sal SLIMSTIEKS die geveg teen DOMSTIEKS kan wen?

Kom leer belangrike lewenslesse, vlieg saam in die Buster Tuig en ontdek die Heilige Gees as jou Helper, Beste Vriend en die Liggie wat altyd in jou woon! Regdeur kan jy saamsing en -dans, terwyl kinders leer hoe om elke dag LEWE te kies. Dit maak sin, want KINDERS IS ELKEEN so ANDERS slim!


CD
Kry die splinternuwe DUBBEL CD met 13 NUWE liedjies & 13 Terapeutiese Stories geskryf deur Spelterapeut, Arette Burger. Met die stemme van Lianie May as Bella, Hendri Myburgh as Buster & storieverteller San-MariƩ Nel as Buster se mamma. Liedjies geskryf deur gewilde liedjieskrywer Johan Vorster.


KRY NOU DIE DVD & CD SAAM VIR SLEGS R220! SPAAR R10!


ASB NEEM KENNIS ONS AANLYNWINKEL SAL EERS WEER OP 17 JANUARIE 2018 BESTELLINGS PROSESSEER  OMDAT ONS GESLUIT IS VIR DIE FEESSEISOEN!